Leer hoe om Fisiese Wetenskappe se bas te skop en jou eksamens te domineer soos ’n baas met hierdie aanlynkursus.

Hier’s hoe jy slimmer kan lyk as Einstein

Sluit vandag aan vir slegs R1 600

The Grade 10 Physical Sciences All-In-One Online Course is also available in English

Fisiese Wetenskappe het vinnig afgeskop!

Sien jy kans vir die uitdaging?

Is jy oorweldig deur die hoeveelheid werk? Graad 10 het amper dubbel soveel werk as Graad 9. En jy weet nie hoe jy dit gaan regkry om als te doen nie.
Voel dit asof jy ’n hele jaar se skool gemis het? Die gaping tussen Graad 9 en Graad 10 is enorm. Dis asof jy uitgemis het op 12 maande van skool.
Was jy geskok oor hoe moeilik dit is? Daar was geen waarskuwing nie, en met jou eerste toets het jy gesukkel om die moeilike vrae te beantwoord.
Is jy op jou senuwees om goed te presteer? Jy kry gewoonlik goeie punte. Maar nou wonder jy of hierdie jaar jou nie gaan kniehalter nie.
Is jy gespanne dat jy dalk nie slim genoeg is nie? Fisiese Wetenskappe word by die dag moeiliker. En nou wonder jy of jy die verkeerde vakke gekies het.

Jy kan ontspan. Die gevoelens is normaal. Ontelbare Graad 10-leerders het presies gevoel soos wat jy nou voel.  


Want jy’s reg. Graad 10 is baie moeiliker as die vorige grade. Jou werkslas is meer en die moeilikheidsgraad is aansienlik hoër.

Maar dit beteken nie dat jy nie slim genoeg is nie, of dat jy die verkeerde vak gekies het nie. Jy moet net leer hoe om die uitdaging te oorkom en ontdek dat Fisiese Wetenskappe doenbaar is.

Al wat jy nodig het is die regte hulpbron wat:
  • Die teorie in kleiner dele opbreek sodat dit makliker is om deur te werk. Berge en berge werk maak mens moedeloos. Maar as jy dit een stap op ’n slag vat sal jy sien dis nie regtig so erg nie.
  • Jou toelaat om op jou eie pas te werk. In die klas beweeg dinge dalk bietjie vinnig. En miskien sukkel jy om by te hou. So jy kort ’n hulpbron wat jou kans gee om teen ’n gemaklike pas deur die inhoud te werk.
  • Die oefeninge se antwoorde insluit. As jy jou werk by die huis kan merk, gee dit jou kans om uit te werk wat jy verkeerd gedoen het. Op daai manier kan jy verhoed dat jy dieselfde foute in die toekoms maak.
  • Jou help om slimmer te werk, nie harder nie. Tydsbestuur is ’n baie belangrike vaardigheid wat jy die jaar moet ontwikkel. Daarom is dit noodsaaklik dat jy ’n hulpbron gebruik wat jou tyd spaar.

Fisiese Wetenskappe is nie moeilik nie. Dis net ’n nuwe vaardigheid wat jy nog nie bemeester het nie.

Fisiese Wetenskappe mag dalk jou grootste uitdaging wees hierdie jaar. Kom ons wees eerlik: Dis een reuse vak.

So, hoe gaan jy die uitdaging oorkom, terwyl jy nog al jou ander skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite het? En jy wil seker nog tyd saam met jou vriende ook spandeer.

Die geheim lê nie daarin om later wakker te bly en minder slaap in te kry, of om skelm notas te maak voor jy toets skryf nie…

Die geheim is om die regte hulpbronne te gebruik wat jou help om gemaklik deur die jaar te vaar.

Want wanneer jy Fisiese Wetenskappe reg aanpak, sal jy sien dit was al die tyd ’n sagmoedige reus. Niks om voor bang te wees of om oor senuweeagtig te raak nie.

Dis presies waaroor die Graad 10 Fisiese Wetenskappe Alles-In-Een Aanlynkursus gaan. Dis daar om jou toe te rus, te lei, en enige vrees wat jy oor die vak het weg te vat.

Die kursus breek die berge werk op in kleiner, hanteerbare lesse. Videolesse van slegs ’n paar minute lank dek die belangrikste dele van die teorie. Terwyl al die ander elemente strategies bygevoeg is om jou te help om jou vaardighede op te skerp en selfvertroue te bou in jou vermoëns.

En binnekort sal jy sien dat jy ook Fisiese Wetenskappe kan doen!

Sluit vandag aan vir slegs R1 600

Wat presies is ingesluit?

Kernkennis

Hierdie is jou afmerklysie van wat jy moet weet na elke les. Die perfekte manier om seker te maak jy is reg vir die eksamen.

Videolesse

Die video’s mag dalk net ’n paar minute lank wees, maar dit beteken nie dis lig in die broek nie. ’n Vinnige oorsig om jou te herinner wat jy daai dag in die klas geleer het, of om jou geheue te verfris wanneer jy moet leer vir die eksamen.

Lesse in kleiner dele opgedeel

Fisiese Wetenskappe dek ’n groot hoeveelheid teorie. Die lesse is egter in kleiner dele opgedeel sodat dit makliker is vir jou om daardeur te werk. En jy kan kies hoe vinnig jy deur die lesse gaan hardloop.

Voorbeelde

Wat help dit jy ken die teorie, maar jy weet nie hoe om dit toe te pas nie? Die aanlynkursus sluit verskeie voorbeelde in sodat jy presies kan sien hoe om die vrae te beantwoord.

Oefeninge met antwoorde

Oefeninge is die enigste manier hoe jy jou vaardighede kan verbeter. Hoe meer jy oefen, hoe beter gaan jy word.

Elke les sluit oefeninge in wat jou leer hoe om die teorie toe te pas. Daar’s ’n mengsel van langer en korter vrae om jou soveel as moontlik blootstelling te gee. En jy kan jou werk direk na die tyd merk, want die antwoorde is ingesluit!

Eksperimentvideo's

Praktiese opdragte vorm ook deel van Fisiese Wetenskappe. Maar daar is baie leerders wat hiermee sukkel.

Die eksperimentvideo’s sal jou stap-vir-stap lei deur die prakties. Raak ontslae van enige spanning of twyfel wanneer jy praktiese opdragte moet doen. En dis ’n maklike manier om ’n paar stappe voor jou klasmaats te wees.

Toetse en memorandums

Want daar is geen beter manier om te leer nie. Toetse gee jou waardevolle ondervinding. Jy leer hoe vrae tydens eksamens gevra word en hoe om dit te beantwoord. Dit wys jou hoe om uitdagende vrae raak te sien en hoe om dit aan te pak.

Met meervoudige keusevrae en kontekstuele vrae wat ingesluit is, sal jy reg wees vir enigiets tydens die eksamen. En natuurlik kry jy die memorandums ook by!

Breinkaarte

Om jou eie opsommings te maak wanneer jy leer is belangrik, maar dit vat baie lank.

Die aanlynkursus sluit breinkaarte in vir elke afdeling van die teorie. Dit spaar jou tyd sodat jy elke studiesessie met ’n voorsprong kan begin.

Wat sê ander leerders oor Doc Scientia?

“Dit het van die werk net op ’n ander manier verduidelik en my insig gegee oor somme wat net so bietjie moeiliker was sonder om my moedeloos te maak.”

Dieuné Mostert

“Doc Scientia is fantasties, en dit is die beste handboek wat ek ooit gebruik het.”

Muhammed Mustafa

“Uitstekend. Dankie.”

Des Hattingh

“Dit was lekker dat een onderwerp op een slag bespeek is. Dit het my baie gehelp.”

Riaan Semmelink

“Die klasse het my baie gehelp in die Fisika vraestel. Daar was tye wat ek spesifiek aan dit wat julle gesê het gedink het en dit so toegepas het.”

NT Moolman

Alles-In-Een Aanlynkursus

Die kursus bevat ’n groot hoeveelheid inhoud. Dit kombineer die inhoud van 5 van ons produkte wat die volgende insluit:

  • Fisika Hand- en Werkboek
  • Fisika Antwoordboek
  • Chemie Hand- en Werkboek
  • Chemie Antwoordboek
  • Graad 10 Eksperimentvideo’s


Om nie eers te praat van die videolesse wat op geen ander plek beskikbaar is nie.

Hierdie Alles-In-Een Aanlynkursus het ’n waarde van R2 000.


Wil jy meer weet oor Doc Scientia?

Doc Scientia het sedert 2009 die wêreld van Fisiese Wetenskappe betree en begin domineer. Ons kleurvolle boeke was te sien in klaskamers, skooltasse, sentrums vir ekstra klasse, en huise in al 9 provinsies van Suid-Afrika.


Maar ons het nie daar gestop nie. Ons het vinnig ons reeks boeke uitgebrei om Tegniese Wetenskappe, Natuurwetenskappe, en Natuurwetenskappe & Tegnologie in te sluit. Aan die einde van 2022 is ons nuutste produk vrygestel: Verdere Studies Fisika.


Honderde onderwysers het ons werkswinkels bygewoon wat in 6 verskillende provinsies aangebied is. En sedert 2020 het ons aanlyn meesterklasse vir Graad 12’s georganiseer om hulle te help voorberei vir hulle eindeksamens.


Ons skrywers en samestellers:

● Kom van alle uithoeke van Suid-Afrika.

● Het gesamentlik meer as 700 jaar (jaar, nie ure nie) se ondervinding in die klaskamer.

● Baie van hulle was eksaminators en seniormerkers in hulle onderskeie provinsies.

● Hulle het in privaat- en staatskole skool gegee.


Nou wil ons vir selfs nog meer leerders wys dat Fisiese Wetenskappe meer toeganklik is as wat hulle dink. Want almal verdien ’n kans om in die vak te presteer. Met die bekendstelling van die Graad 10 Fisiese Wetenskappe Alles-In-Een Aanlynkursus, is dit ons doel om jou stap-vir-stap te lei.


Laat ons aan jou bewys dat Fisiese Wetenskappe doenbaar is.

Sommige skole wat ons oor die jare vertrou het

Helpmekaar Kollege

Hoërskool Stellenberg

Afrikaans Hoër Seunskool

Hoërskool Marais Viljoen

Hoërskool Kathu

Hoërskool Louis Trichardt

Hoërskool Linden

Hoërskool Strand

Hoërskool Piet Potgieter

Hoërskool Zwartkop

Hoërskool Menlo Park

Hoërskool Lichtenburg

Nog meer liefde vir Doc Scientia

“Julle hulpbronne het ’n massiewe positiewe impak in die 2018 NW NSC uitslae vir Fisiese Wetenskappe gehad.”

Sophy Mangope

NW Departement van Onderwys

“Dis goed om iemand te kry wat die ekstra myl sal loop om diens te lewer wat selfs bo die normale verwagting is.”

Kim Lowe

Rietfontein High School

“Die diens is uitstekend, al hulle produkte is van ’n baie hoë standaard. Dis net ’n plesier om met hulle personeel te werk.”

Thea Theron

Bracken High School

“Ek kan nie in woorde uitdruk hoe baie hierdie my span onderwysers help nie. Doc Scientia is wonderlik!”

Adri Smit

Steyn City School

“Die handboeke se inligting is baie beter as die van ander uitgewers wat ons al gebruik het.”

Sonja Gillespie

Bryanston High School

“Ons bedank Doc Scientia vir die ondersteuning wat hulle laas jaar aan ons distrik gebied het.”

Cynthia Mdletshe

GP Departement van Onderwys

“Ek geniet dit regtig om met julle boeke skool te gee. Dit dek alles wat nodig is vir die graad.”

Stéph van Rooyen

St Dominic’s College Welkom

“Julle boeke staan uit bo AL die handboeke wat ek al gebruik het. Ek hou nou 21 jaar skool en julle inhoud is perfek reg en van uitstaande gehalte.”

Marlize Kruger

Laerskool Doringkloof

“Ek het self uit jul boeke gewerk toe ek in matriek was, en die boeke is ongelooflik!

Ek is nou ’n onderwyser en stel in geen ander boek belang nie. Julle boeke is net een in sy soort!”

Juandrey Britz

Laerskool Kleinbroek

Algemene navrae

1. Hoe betaal ek?

Betalings word aanlyn gemaak. Jy kan jou debiet- of kredietkaart gebruik of deur Payfast betaal.

2. Gaan ek dadelik toegang hê nadat ek betaal het?

Jy sal ’n epos ontvang met jou intekenbesonderhede binne 1 uur na betaling. Onthou om ook in jou gemorsposmandjie te kyk.

3. Kan ek toegang kry tot die aanlynkursus op enige toestel?

Jy kan enige toestel gebruik waarop ’n URL ingelees kan word. Maar ’n skootrekenaar, rekenaar of tablet is jou beste opsies.

4. Kry ek toegang tot die hele sillabus?

Elke kwartaal se inhoud word aan die begin van daardie kwartaal vrygestel. Jy sal dadelik toegang hê tot Kwartaal 1 se inhoud.

5. Wat as ek nie van die aanlynkursus hou nie? Sal julle my geld terugbetaal?

As die aanlynkursus nie die regte kursus vir jou is nie, het jy 7 dae om jou geld terug te kry. Na 7 dae sal geen geld terugbetaal word nie.

Laat asseblief tot en met 30 dae toe vir jou terugbetaling om geprosesseer te word.

6. Is daar verskillende opsies beskikbaar om te betaal?

Ongelukkig nie. Die hele kursus moet vooruit betaal word.

7. Wat as ek nie toegang tot my kursus kry nie?

As jy enige probleme met jou kursus ervaar, kontak ons asseblief dadelik op info@docscientia.co.za of 010 443 7198.

Geen waarborg

Jy stem ooreen dat Doc Scientia nie enige waarborg maak t.o.v. die resultate van enige stappe wat jy neem, of dit op die webblad genoem word of nie. Doc Scientia Aanlyn verskaf onderrigmateriaal en inligtingsbronne met die doel om die verbruiker van die webblad te help presteer in Graad 10 Fisiese Wetenskappe. Nogtans erken jy dat jou finale sukses of mislukking die resultaat is van jou eie inspanning, jou omstandighede, en verskeie ander faktore buite die beheer en/of kennis van Doc Scientia Aanlyn.

Alle getuigskrifte is die waarheid. Die resultate wat ander verkry het is as gevolg van die beginsels op die webblad wat hulle toegepas het. Dit waarborg egter nie dat enige ander persoon soortgelyke resultate sal verkry nie. Deur die webblad te besoek of enige gedeelte daarvan te gebruik, stem jy ooreen dat jy ten volle verantwoordelik is vir jou eie resultate.


Facebook Ontkenning

Die webblad is nie deel van die Facebook-webblad of Facebook Inc. nie. Verder word hierdie webblad nie deur Facebook onderskryf nie. Facebook is ’n handelsmerk van Facebook Inc.

All rights reserved. 

Checkout Now
Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out